Daar is min dinge in die lewe so snaaks soos 'n kleuter wat 'n ouer na-aap nie. Ons almal ken die grappie van die gesin wat gaste kry en die mamma wat die kleuter vra om die tafel gebed te doen. Wanneer die kleuter vir die mamma sê sy weet nie wat om te bid nie, sê die mamma: "Bid net soos jy vir my hoor bid." Dan bid die kleuter: "Ag Here, hoekom het ek al hierdie mense genooi?"
Net so het ek en my 3 (amper 4) jarige dogtertjie die speletjie in die motor. Ek sal die tru-spieëltjie stel dat ek haar kan raaksien. Vir daardie tye wat dit so lyk asof sy aan die slaap wil raak, minder as 5 minute van die huis af, wanneer ek weet dit gaan groot oorlog wees om haar na daardie "power-nap" wakker te maak, hou ek haar wakker met die woorde: "Ek kyk vir jou." Later het dit ontaard in 'n speletjie. Sy sal uit die bloute in die kar vir my sê: "Ek kyk vir jou!" Die stemtoon en die gesigsuitdrukking natuurlik ooreenstemmend met myne. "Ek kyk vir jou" het my laat besef dat daar hordes ander goed ook is waarmee sy my dophou en waarin sy my na-aap, soms tot groot humor, soms tot groot konsternasie.
Op dieselfde manier kan ons dissipelskap definieer. Om 'n dissipel van Jesus te wees beteken om hom te na-aap. Dit beteken om na Jesus se optrede te kyk, dit in te oefen en toenemend dieselfde optrede te openbaar.
Baie lidmate van die NG Kerk kyk na die AS om hulle hiermee te help. Hulle het eintlik 'n saak aan met die verslae wat bespreek word. Baie van hulle krap kop wanneer "Kerkorde" en al die amptelike afkortings asook verskeie teologiese terme daarmee saamgaan. Hulle let wel op waaroor die AS alles praat en watter houding die media daaroor raaksien.
Van Jesus se mees uitstaande kenmerke is dat Hy mense kon help om te sien dat God elke lewende mens op hierdie aarde liefhet en hulle wil help om 'n heel lewe te leef: van goeie Jode, tot seksueel losbandige mense, tot skelm tollenaars en selfs Samaritane en Romeine. Dit is vir my insiggewend dat Jesus bietjie afkeur gehad het in godsdienstige debatte en veral die debatte wat bepaal of mense goed of sleg, in of uit was. Hy het geweldig baie tyd spandeer om mense lief te hê, veral die siekes en sondaars.
Mense gaan nie die helfte van die besprekings oor die kerk se missionale aard en roeping, klein gemeentes, die vroue lessenaar, jeugbediening, lidmaatbemagtiging, Hugenote Kollege, onderwys, die Belydenis van Belhar, die wysiging van die Kerkorde, Kerkhereniging, Seisoen van menswaardigheid, die sakramente, publieke getuienis, grondhervorming en landbou of die ander klomp sake vir bespreking verstaan of in belangstel nie. Vir elke lidmaat gaan daar 'n saak van belang wees en vir elke lidmaat gaan dit van belang wees dat daardie saak met erns hanteer word. Wat nou vir elke lidmaat gaan geld as erns is ook weer 'n ander saak.
Erns vir my gaan beteken dat elke saak op die agenda deur die AS met deernis, liefdevol en pastoraal (om Jean Oosthuizen se woorde in 'n ander plasing te leen) hanteer sal word om mense te help om heel te word. Daar is baie mense wat 'n duidelike, eenvoudige standpunt van die NG Kerk soek oor al die sake op die agenda (veral homoseksualiteit, Belhar en kerkeenheid, grondsake en die doop) en maak nie saak wat die NG Kerk sê nie, iemand gaan kwaad, hartseer en ontevrede wees; maar wanneer dit met deernis, liefde en pastoraal hanteer word gaan dit raak gesien word en kan mense begin gesond word.
Baie mense kyk na die NG Kerk se Sinode vergaderings om te weet hoe om as gelowige, ernstige, getroue dissipel van Jesus te reageer in verskeie kontekste. Hoe moet ek reageer oor ammoede, die regering se korrupsie of onderwys? Hoe moet ek reageer teenoor 'n gay of lesbiese persoon voor my? Hoe moet ek dink oor kwessies soor Belhar, kerkeenheid en grondhervorming? Die voorbeeld wat die AS stel is baie kere dit wat gemeentes op grondvlak doen.
Dit verbaas my dus glad nie dat mense in gemeentes die Sinodes (algemeen en streek) se voorbeeld volg en eindelose debatte, gesprekke en studies maak oor verskeie kwessies in die samelewing. Dit verbaas my glad nie dat gesprekke klinies, "objektief" en nugter gevoer word nie.
Ek bid dat gemeentes met deernis, liefdevol en pastoraal sal wees in hul gemeenskappe. Ek bid dat gemeentes minder sal praat, debatteer en studeer, maar meer sal kontak maak, liefhê en saam laste dra in hul gemeenskappe. Ek bid dus dat die AS kreatief sal word oor hoe om daarin die voorbeeld te stel, want: "Ek ky vir jou..."
'n Virtuele gespreksruimte deur NG Kerk-lidmate oor komende Wes- en Suid-Kaap Sinode (4 tot 8 Mei by Goudini, Rawsonville), waar ons saam nadink oor wat dit beteken om kerk in konteks te wees. Meer inligting by http://www.kaapkerk.co.za/wp/index.php/sinode-2015/. Neem ook deel aan die gesprek op Twitter by #kerkinkonteks.
Thursday, 3 October 2013
Homoseksualiteit? Néé, maar ons probeer dalk volgende keer weer.
Die gesprek oor homoseksualiteit moet dringend heropen word.
Maar dit gaan nie.
Nogsteeds nie.
Weer nie.
Laas jaar is 'n voorstel vir die hersiening van die NG Kerk se 2007 besluit oor homoseksualiteit deurgestuur (beskikbaar hier). Die hersieningsvoorstel, wat onderteken is deur 26 NG Kerk-lidmate, vra (pleit, by tye) dat die besluit oor homoseksualiteit in hersiening geneem word, en stel voor dat (1) erkenning gegee word aan die permanente verhouding met 'n eie unieke aard tussen twee mense van dieselfde geslag, en dat (2) homoseksuele gelegitimeerdes (sonder voorwaardes, soos selibaatskap) toegelaat word tot die predikantsamp.
Wat beteken dit?
Dit beteken dat erkenning gegee word aan homoseksuele verhoudings, insluitend diegene wat geroep voel tot die bediening, en nie slegs aan homoseksuele oriëntasie of homoseksuele individue nie. Die gemeenskaplikheid van die kerk word hierdeur, per slot van rekening, aangespreek, aangesien die kerk meer is as 'n toevallige versameling van individue met hulle eie (seksuele) oriëntasies en lewens.
Dit beteken dat studente wat gay en in 'n permanente verhouding is nie uitgesonder word wat seksueel-etiese vereistes vir legitimasie aanbetref nie (want regtigwaar, waarom word selibaatskap nie óók van ongetroude, heteroseksuele studente vereis nie?), en dat die kerk daarom 'n met 'n dubbelstandaard funksioneer.
Dit beteken dat die kuratoria nie in 'n onmoontlike posisie geplaas word, waarin hulle as't ware as polisie-beamptes beskou word van wie alles weggesteek en voor wie alles ontken moet word, nie. Asof dit nie erg genoeg is nie word die kuratorium, veral in die geval van homoseksuele studente, ook die regtersbank wat 'n oordeel moet fel oor gay studente wat in verhoudings is.
Dit beteken dat studente en hele klasse nie in 'n onmoontlike posisie geplaas word, deurdat hulle bewus mag wees van gay klasmaats wat in verhoudings staan, en daardeur nie voor 'n keuse gedwing word: óf besluit om stil te bly, óf besluit om dit aan die kuratorium bekend te maak. Die impak hiervan op onderlinge (vertrouens)verhoudinge tussen studente en binne klasse is, om die minste te sê, totaal verwoestend.
En hierdie alles is nie die móóntlike implikasies van die lomp besluit van 2007 nie. Dit is die wérklike implikasies; dit wat jaar na jaar in teologiese fakulteite - vanjaar weer - gebeur. Die 2007 besluit mag 'n kompromie-besluit gewees het op 'n gegewe stadium, en dit mag as 'n soort uitweg gesien gewees het op daardie punt, maar dit is dit nie meer nie. Dit is nie meer genoeg nie. Dit is skadelik vir verhoudinge binne klasse en fakulteite, met die kuratoria, binne die kerk, en uiteraard ook buite die kerk.
Nou is ons op 'n punt waar die besluit hersien kan word. Al die interne, korrekte, kerklike prosesse is gevolg om die punt op die agenda te laat dien. En die prosesvoorstel oor homoseksualiteit is uiteindelik bekend gestel.
Die aanbeveling wat gaan dien (beskikbaar hier) is dat die Algemene Sinode (1) kennis neem van die verwikkelinge rondom die gesprek oor homoseksualiteit maar dat dit (2) weereens na die taakspan verwys wat met leer en aktuele sake omgaan. Die aanbevelings wat die taakspan gaan maak sal dien by die volgende sinodesitting, oor twee jaar.
Maar dit is geensins 'n voldoende antwoord nie. Inteendeel, dit laat 'n paar ongemaklik vrae by my ontstaan.
Hoe is dit moontlik dat ons dit wéér na 'n taakspan wil verwys? Dat ons nie 'n gesprek hieroor toe wil laat by volgende week se Algemene Sinode nie? Is dit omdat ons nie elke laaste implikasie van 'n hersiene besluit, of selfs 'n gesprek hieroor, kan peil nie? Is dit egter die punt? Of is daar belangriker sake op die agenda, soos Belhar en kerkeenheid? Tog, kan ons met 'n integriteit as kerk praat oor kerkeenheid en Belhar, en bowenal oor menswaardigheid, as ons nie 'n gesprek wil voer oor homoseksualiteit nie?
Hoe is dit moontlik dat ons nogsteeds nie gereed is, weer nie gereed is, om die 2007 besluit in hersiening te neem nie?
Dalk is ek te dom om hierdie goed te verstaan. Of dalk is ek te jonk om hierdie goed te verstaan.
Ek wil leerbaar wees, en daarom woon ek ook volgende week se Algemene Sinode by as waarnemer.
Sol iustitiae illustra nos.
Nadia Marais

Die Algemene Sinode se warm patat
ʼn Vuurwarm patat. Dit is waarop die NG Kerk se algemene sinode
sit wanneer hulle volgende week vir die soveelste keer ʼn besluit oor
homoseksualiteit moet neem.
Aan die een kant fokus hulle op menswaardigheid en die
Belhar-belydenis met eenheid, geregtigheid en versoening as die hoofpilare. Aan
die ander kant word daar teen gay predikante gediskrimineer. Gay paartjies se
menswaardigheid word aangetas omdat hulle verbintenisse nie deur die kerk aanvaar
word nie.
Dit is die gemors waarin kerke hulle wêreldwyd bevind wanneer
hulle mense se gedrag wil beheer en
reguleer en in ʼn magsposisie wil wees (eerder as om met deernis, liefdevol en
pastoraal te wees). 'n Voorskriftelike etiek van bo af, eerder as deelnemende
etiek. Dit en dat tot sonde verklaar (waaraan die besluitnemers gelukkig nie
skuldig is nie), merk ʼn teoloog met wie ek gesels teenoor my op.
Die huidige gay-besluit van 2007 is nie net diskriminerend
nie maar onmenswaardig. Dit bring ook die gelykheid van ampte wat in die
kerkorde beskerm word in gedrang. Hoe kan jy van leraars iets verwag wat jy nie
van ouderlinge en diakens verwag nie?
Gelegitimeerdes word slegs tot die predikantsamp toegelaat, as
hulle 'n selibate lewenstyl beoefen.
Dieselfde geld nie vir ouderlinge en diakens nie - ʼn saak wat volgende week op
die spits gedryf word.
Min of meer dieselfde tyd toe die NG Kerk in die
tagtigerjare besluit swart mense is welkom in die kerk, word homoseksualiteit opnuut
as sonde bestempel en homoseksuele lidmate word effektief steeds uitgesluit.
In 2004 vra die sinode verskoning aan gay mense en hulle
families wat in die verlede deur die kerk se optrede diep seergemaak is. In
2007 pleit ʼn groep lidmate by die algemene Sinode om haat en onreg teen gays,
in die samelewing en in die kerk, in die duidelikste taal af te wys.
Sedertdien word verskeie jakkalsdraaie oor die 2007 besluit
gegooi. Sommige interpreteer dit sús en ander só. Hoe mens dit ook al
interpreteer, die implikasie bly steeds dat gayseks sonde is selfs al is dit in
ʼn langtermynverhouding.
ʼn Predikantsvriend vertel van ʼn ringskollega wat ʼn ruk
gelede in ʼn broederkring opmerk: "As gays op die kansel toegelaat word
verlaat ek en my gemeente die kerk en ʼn klomp ander beaam dit.” Lui dit iewers
ʼn klokkie? Dink bietjie terug aan soortgelyke refreine uit die verlede soos “as
vroue op die kansel toegelaat word...” of
“as swartes op die kerkbanke toegelaat word....”
Dit is natuurlik onhoudbaar om in 2013 te sê homoseksuele
verbintenisse is sonde, maar die kerk durf dit nie sê nie. Dit is kerklik
polities te sensitief. Om uit dié dilemma te kom word allerhande vreemde hermeneutiese
en eksegetiese truuks in onverstaanbare teologiese taal gebruik. Dan word dit vir
verdere studie verwys - daai eeue oue
kerklike truuk om uit 'n gemors te kom (soos die Hervormers ook).
Die vraag is hoe kom die kerk uit hierdie dilemma wat hy
self help skep het sonder om in die slagyster van sogenaamde Bybelse bewyse te
trap waaroor daar in elk geval nooit eenstemmigheid sal wees nie?
Ek het met ʼn paar mense gesels en hier is enkele gedagtes:
- Erken in die eerste plek dat 2007 se besluit nie net inkonsekwent is nie, maar ook kerkordelik onhoudbaar en dalk selfs ongrondwetlik. Kerkordelik omdat daar nou 'n nuwe vereiste vir gay predikante geld wat nie vir ouderlinge en diakens geld nie. Dit tas die ou gereformeerde beginsel van die gelykheid van die ampte aan. Ongrondwetlik omdat daar duidelike uitsprake oor gay verbintenisse deur die grondwetlike hof is en die 2006 wet op Burgerlike verbintenisse wat daaruit voortgespruit het.
- Laat dit aan kerkrade oor om self te besluit of hulle ʼn gay predikant wil beroep of nie en of gay-paartjies welkom is in hulle gemeente.
Ironies genoeg bevind die kerk hom tans in dieselfde debakel
waarin hy hom in 1987 oor egskeiding bevind het. Destyds is besluit alle
egskeidings is 'n teken van vervreemding van Christus. Hertrou (met vorige
huweliksmaat) moes in alle gevalle die ideaal bly. ʼn Tweede huwelik was
onaanvaarbaar. Niemand het hulle aan die besluit gesteur nie maar byna die
helfte van die kerk se lidmate is daardeur vervreem en gemarginaliseer. Die gevolg
was dat die kerk vir baie mense al hoe meer irrelevant geword het.
In ʼn gesprek wat ek vroeër die week met ʼn teoloog voer merk
hy die volgende op: “In al die dinge sien ek die duidelike bewys dat die kerk 'n
instelling van God is”. Hoe dan so vra ek? Want, sê hy “geen ander instansie in
die wêreld skiet homself so gereeld vir so lank in die voet en bly voortbestaan
nie - nie die Romeinse Ryk nie of politieke partye nie, nie kommunisme nie, nie
die modernisme nie, - niks nie - die kerk móét God se kerk wees. Gelukkig is
Hy geduldig met 'n goeie humorsin - anders was ons regtig lankal in groot
moeilikheid.”
Wednesday, 2 October 2013
Jeug: Ons neem kennis
Ek moet eerlik sê dat die verslae my teleurstel. Die terugvoer en verslae wat dien is: Kategese, Belydenisaflegging, Onderwys, #imagine 2014, 'n navorsing taakspan, 'n beoogde netwerk. Soos ek kerklike vergaderings ken, gaan daar na alle waarskynlikheid 'n presiese kopie van die verslag en agenda inhoud in die notule kom en al wat gaan bykom is: "Die vergadering neem kennis." Na alle waarskynlikheid geen bespreking, geen onderskeiding en geen verdere praktiese stappe nie.
Tot dusver is die lywigste verslag oor Jeugbediening binne die kerk dié van die kategese taakspan. Dit verklap die onderliggende oortuiging dat jongmense se plek in die kerk en daarom gemeentes, in die kategese is. Dit is ‘n verskuilde belydenis dat jongmense nie deel het (mag/ moet/ kan) aan die res van die lewe van die gemeente nie. Hulle is leë kruike wat gevul moet word met kennis, wat hulself moet verbind tot die gemeente en Kerkverband tydens belydenisaflegging en asseblief tog net weer terugkom na die NG Kerk nadat hulle studeer het.
Die gevolg, myns insiens is dat die AS keer op keer gaan rapporteer dat die jeug minder word, dat Kerkspieël se lang verduidelikings oor negatiewe geboortekoerse en sekularisasie op die tafel gegooi gaan word en dat die dag as prof. Malan Nel nie meer daar is om iets oor jeugbediening te sê nie, daar wynig iets anders gesê of gehoor gaan word. (Baie sinies, ek weet.)
Die raamwerk vir die taakspan vir kategese noem in punt 1: “…dat kategese slegs ’n onderdeel van geloofsontwikkeling uitmaak en sien toe dat hierde formele onderrig binne die raamwerk van ’n teologiese perspektief (inwyding en begeleiding van alle kinders en jongmense in die weg van die Here tot ’n lewe van dissipelskap) plaasvind.” Die belydenis van die taakspan is dus op teologies-teoretiese vlak in orde.
Die praktyk is egter nie hiermee belyn nie. Om een of ander rede is die fokus van die praktyk of kategese of entertaintment. My ervaring van Jeugbediening (9 jaar as voltydse jeugwerker) is dat die uitdagings waarmee die NG Kerk sit nie deur kategese, kampe en feeste aangespreek gaan word nie. Die kategese taakspan herken dit ook in hulle raamwerk, wanneer hulle noem dat “Wat vir volwassenes geld, geld net so vir kinders en jongmense.” en dat “(t)oegewyde en entoesiastiese ouers of huise…” nodig is vir jongmense se geloofsontwikkeling. Die taakspan se raamwerk en waardes fokus dan verder slegs op kategese.
Die praktyk is dat kinders en jongmense nie deel het aan die lewe van gemeentes nie. Jongmense veral is baie sterk ingestel op ervarings. ‘n Kategese-ervaring, maak nie saak hoe holisties dit is nie, stem meer ooreen met ‘n skool-ervaring, wat vir baie jongmense ‘n negatiewe ervaring is. 'n Fees-ervaring begin kwyn die Maandag daarna.
Een voorstel van my kant af is om vir jongmense te help om saam met Jesus te leef. Dietrich Bonhoeffer (Duits), Malan Nel (Suid-Afrikaans) en Andrew Root (Amerikaans) is almal oortuig daarvan dat dit binne die gemeenskap van gelowiges gebeur. Een van die grootste behoeftes van jongmense is juis dan ook na ‘n ervaring van opregte, liefdevolle gemeenskap. Die Algemene Sinode moet dus, volgens my meer aandag gee aan hoe gemeentes besin oor die praktyk van hul gemeenskaplike bediening (eredienste, sakramente, kleingroepe, feeste) en hoe hulle jongmense integreer en inbind in die gemeenskap deur hierdie praktyke. Hoe vestig gemeentes verhoudings tussen die volwassenes van die gemeente en die jongmense, buiten ‘n kategese groepleier/ fasiliteerder en buiten hul ouer(s)?
Ek sou daarom voorstel dat die Algemene Sinode langdurige studies deur die onderskeie teologiese fakulteite sal aanmoedig oor die stand van integrasie van jongmense in die lewe van die gemeentes, die verskillende praktyke wat gevolg word asook die gevolge daarvan.
Tweedens moet die AS ook asseblief kennis neem van dr. Braam Hanekom se voorstel dat daar 'n netwerk tot stand gebring moet word ter wille van jeugbediening. Die AS en dr. Braam Hanekom moet asseblief begin by die deur van die Kerklike Jeugbedienaars Vereniging, wat reeds 'n taamlike netwerk van voltydse jeugwerkers het. Hoewel hierdie netwerk se grootste aktiwiteit in die Wes-Kaap is, sal erkenning en ondersteuning van die AS se kant af help om dit uit te brei.
Ek bid dat die AS se notule meer sal wys by Jeugbediening as bloot "Die vergadering neem kennis." Ek bid ook dat gemeentes inspirasie en leiding sal kry uit die AS se besprekings, debat en Geestelike onderskeiding oor Jeugbediening. Ek bid dat die AS asook streeksinodes by hul volgende sittings, saam met die verslae van die taakspanne oor jeugbediening 'n paar studente en skoolgaande jeug as afgevaardigdes sal verwelkom en dat die Bybelse profesie sal waar word dat "julle seuns en julle dogters sal as profete optree; julle jongmense sal gesigte sien..." in die vergaderings van die kerk.

Tuesday, 1 October 2013
the state of die NGK
Daar is 'n storie wat Martin Seligman vertel wat my telkens help om te dink oor hoe goed in die kerk gaan. Dis 'n kort stukkie dialoog tussen Seligman en 'n joernalis in die tyd wat hy voorsitter was van die American Psychological Association, en moet in Engels oorvertel word. Die joernalis is op soek na 'n kort clip vir 'n nuusberig.
Joernalis: Professor Seligman, in only one word, what is the state of psychology in America today?
Seligman: Good.
Joernalis: Mmm, that won't do. Let's try this again. Professor Seligman, in only two words, what is the state of psychology in America today?
Seligman: Not good.
Joernalis: Mmm, that won't do. Let's try this again. Professor Seligman, in only three words, what is the state of psychology in America today?
Seligman: Not good enough.
In die kerk antwoord ons op verskillende tye seker maar op al hierdie verskillende maniere. Dit hang af hoeveel tyd jy het om te antwoord, vir wie jy skryf, en watse belewenisse jy in die kerk gehad het.
Ek ken baie mense wat dink dit gaan goed in die NG Kerk, en dat die manier waarop 'n vergadering soos die Algemene Sinode (en dalk is "soos" onvanpas hier, want dit is seker 'n redelike unieke vergadering in die kerk) gehou word goed is. Hulle onthou dae van pakke en dasse, dae waarin jong predikante nie mag gepraat het op sinodes nie, en definitief nie na 'n Algemene Sinode afgevaardig sou word nie. Hulle vertel die stories van hoe die kerk tog in die land betrokke is by verskeie goeie projekte, hoe daar besluite geneem word wat 'n paar jaar terug as onmoontlik beskou word. Dit gaan goed in die NG Kerk. Dit gaan goed by Algemene Sinodes.
Ek ken baie mense wat eenvoudig weet dat dit nie goed gaan met die NG Kerk nie, en ook nie met die Algemene Sinode nie. Hulle kan horror stories vertel van kerkrade wat bloot weier om vroue op hulle kansels toe te laat, van dominees wat so behep raak met mag dat daar geen teken van wat meeste van ons sou dink kenmerke van 'n pastor behoort te wees oorbly nie. Hulle weet van talle besluite wat die kerk verkeerd verwoord, of bloot net oor blatant verkeerd is.
Meeste van die tyd voel ek not good enough. Ons kan beter. En vul maar in wat die dinge is waarop kan beter kan doen. Maar ek kies not good enough omdat ek nogals potensiaal raaksien, en omdat ek oortuig is dinge beweeg in 'n goeie rigting.
Ek moes dalk eers 'n lang blogpost geskryf het oor hoe ek die Algemene Sinode sien sodat hierdie kan sinmaak. Maar kort opmerkings moet nou maar die ding doen.
Ek dink nie enige besluite van die Algemene Sinode gaan die land omkeer nie. Ek is nie eens seker dit is waarvoor Algemene Sinodes daar is nie. Die sinode gaan praat (baie praat, en eintlik dink ek nog te min praat). Die sinode gaan goed verwys vir verdere studie (ons kan gerus meer studeer in die kerk). Die sinode gaan 'n general feel gee vir waar ons is, en dalk vir wat dit volgende stappie is wat ons gaan gee. Natuurlik gaan besluite ignoreer word deur party, en die vreemde van hierdie ding wat ons kerk noem is dat ons so half verwag dat party moet teruggaan en die sinode moet gaan ignoreer, sodat ons by 'n volgende geleentheid 'n paar stappies kon skuif in die general feel vir waar ons is.
That's it. As ons verwag dat die sinode se besluite die kerk oornag gaan verander gaan ons teleurgestel wees. As ons verwag dat die sinode goed gaan besluit wat nog nie in die hart van die kerk leef nie gaan ons teleurgestel wees. As die sinode vir ons 'n prentjie gaan gee van waar ons is en wat die volgende stappie is wat ons moontlik moet neem gaan baie van ons waarskynlik sê not good enough, maar dalk sal ons byvoeg, but we're getting there.
Dis tog deels hoekom ek nog hier skryf, omdat ek glo dat we're getting there. Te stadig. Nie met groot wonderwerke nie. Maar tog. As geregtigheid is waarvoor ek soek, dan het die kerk ongelukkig nie die bus verpas nie, want die bus van die stryd vir geregtigheid is ongelukkig nie so vinnig in hierdie wêreld nie. Maar die vraag of die kerk hierdie bus meer effektief help loop bly vir my op die weegskaal. Ons doen nog nie goed genoeg nie. Dalk doen ons volgende week 'n bietjie beter.

Wie se wil geskied by sinodes?
Met vanjaar se algemene sinode voor die deur hang die vraag
weer swaar in die lug: wie se wil
geskied by sinodes? Mense se wil of God se wil?
Op my Facebook-blad sê ʼn dominee die verskil tussen my
artikel in Rapport oor die sinode en die werklikheid is dat hy al by genoeg
sinodes was om te weet wat die hoofdoel van sinodegangers is: om die wil van
God te probeer verstaan in besluite, natuurlik met die wete dat ons verstaan
nie onfeilbaar nie.
Die verskil tussen hierdie maatstaf en my artikel is volgens
dié dominee dat ek alles toets aan wat mense daaroor gaan dink en of dit mense gaan
beïndruk. So asof sinodes nie mense se reaksies in gedagte hou wanneer
hulle oor sake besluit nie.
Ek was ook al by ʼn hele paar sinodes. Laat ons maar eerlik
wees. Sinodes is dikwels ook maar nie veel anders as enige ander vergadering wanneer
dit kom by die dryf van agendas nie, al sou ons dit dalk graag anders wou hê. Ons
weet mos almal watter rol speel kerkpolitiek ook by sinodevergaderings.
Natuurlik word daar gestreef om God se wil te hoor. Dis mos
waaroor kerk gaan. Maar daar word baie deeglik ook gevra wat "die
mense" wil hê, wat die mense sal dink oor besluite, wat die mense sal
doen, ens.
Baie besluite het min te doen met God se wil. Dit gaan dikwels
daaroor of die mense dit sal aanvaar of nie. En dit word nie eers saggies
gefluister nie maar sommer hardop gesê, merk een van my domineevriende tereg op.
Talle dominees het al hulle sinode-ervarings en frustrasies
met my gedeel. Goed én sleg want sinodes is nie net goed of sleg nie. Een van
die jonger geslag wat onlangs uit die bediening is vertel: “Ek was ontnugter
oor hoedat die "agenda" van besluite eintlik vooraf reeds deurgepraat
en selfs in gevalle besluit was. Maar meer frustrerend was hoedat
"leiers" lank voor die sitting al beginne "campaign" het
vir stemme om voor by die "bruidstafel" te sit! By die tweede sinode
het 'n persoon langs my gesit wat in die afgelope jaar uitgevind het sy seun is
gay....sy woorde sing nou nog in my ore...."hy is my seun, hy is lief vir
die Here, ek weet.....hoe kan ek hom oordeel....God het hom mos lief, of
nie?"
Voor die tyd bid almal saam dat God se wil geskied in die
besluite. Dan word daar debat gevoer en uiteindelik word daar 'n besluit geneem
deur daaroor te stem. Ek het nog nooit gesien dat die "verloorders" die
besluit net so aanvaar as 'n gebedsverhoring dat God se wil geskied het nie.
Die meeste van hulle sit maar later weer die geveg elders voort. Daarvan getuig
die talle beswaarskrifte oor vorige besluite wat vanjaar weer voor die sinode
dien. Mens is dus bietjie vroom as jy maak of sinodes ʼn plek is waar God altyd meer
teenwoordig is as op enige ander vergadering.
Ds Barend Nel van Kraaifontein sê hy ervaar ʼn groot stuk
apatie as hy luister na wat vanjaar by die sinode gaan gebeur. Hy verduidelik dit so: “Iemand het dit 'n ruk gelede goed
gestel toe hy gesê het dat 'n mens die gesprekke by 'n NG sinode kan vergelyk
met 'n groep mense wat dringend bespreek wat gedoen moet word, om seker te maak
dat die NG Kerk 'n sekere bus haal. Daar moet gesorg word dat ons op 'n bus na
die regte bestemming klim en nie dalk uitkom waar ons nie wil wees nie. Dit
moet 'n veilige en betroubare bus, met 'n goeie bestuurder wees, want ons wil
nie onsself en die lidmate se lewe in gevaar stel nie. 'n Mens moet rêrig
bewondering hê vir die deeglike voorbereiding wat gedoen is en die erns waarmee
die saak benader word.
Daar is net een probleem. Dit is dat die bus al gister by ons
verby is.”
Baie lidmate en dominees raak eenvoudig nie meer opgewonde
oor die sinode nie. Nie kwaad nie en ook
nie bly nie... net so 'n dowwe gevoel "comfortably numb" soos in Pink
Floyd se "The Wall". Dit maak nie van sinodes iets wat noodwendig sleg is nie. Dit beteken nie
die kerk moet ophou om sinodes te hou nie. Maar sinodes en sinodebesluite is
nie onaantasbaar nie. Net soos die Bybel moet sinodes in konteks gesien
word as ons die res van die kerk regtig in konteks wil sien. Dit is maar net nóg ʼn vergadering.
Sinode Konteks Perimeter Check
Ek bly in ‘n klein stadjie, ‘n straat of twee groter as PE, maar ongelukkig sonder ‘n see, in die suide van ‘n massiewe kontinent. Ek skryf in ‘n taal wat minder as ‘n vyfde hier in die suide van hierdie massiewe kontinent as moedertaal sien. Ek is deel van ‘n kerk wat kleiner word. Ek is lief vir die kerkie, sy mense en die kontinente waarvan ek net 30cm se grondoppervlak volstaan.
Oor ‘n week sit daar ‘n ding genaamd die algemene sinode van hierdie klein kerkie. In hierdie week sal al die goed wat ek nou genoem dalk vergete raak. Mense sal opgeslurp word in hulle eie wêreld om sake van lewe en dood te besin. Party van die verteenwoordigers sal nie net hulle konteks vergeet nie, hulle sommer ook van hulleself vergeet. Al wat hulle sal onthou is om aan te hou praat.
Aan die einde van die groot vergadering van ‘n klein kerk in klein stadjie in die suide van ‘n massiewe kontinent sal daar ‘n paar besluite geneem word. Skokkend genoeg sal die son steeds ondergaan al het die klein klompie besluit die son mag nie. Mense sal steeds kerk toe gaan en soek vir die Here se wil, al besluit hulle die Here is eerder buite die diens te vinde. Daar sal self, jy mag my dalk nie glo nie, dominees en mense wees wat teruggaan na gemeentes en reg teenoor die besluite van die belangrike vergadering praat. Dit kan mos nie gehelp word nie, tensy die algemene sinode besluit om toekring sekuriteitskameras te installeer in alle gemeentes en skelmpies hierdie teëpraters te laat verdwyn.
Eens na ‘n belangrike vergadering in die parlement, of so ding, het man X ook die hele tyd van homself vergeet en onthou om te praat. Ou sagmoedige Neelsie het na die tyd hom te gegaan en hom vermaan: “Jy weet X, mens moet nie altyd die belangrikste persoon by die vergadering probeer wees nie. Onthou die belangrikste persoon by ‘n begrafnis is die man in die graf.” Ek hoop regtig die sinode word nie gekaap deur iemand wat die ding in begrafnis laat ontaard deurdat hulle te baie praat nie. By my hoop voeg ek ‘n gebed: “Here, laat asseblief vir almal spasie, selfs die wat ek dink verdien dit nie.” Ek weet dis ‘n onmoontlike gebed, maar dis mos hoekom ons bid, want dis onmoontlik. Die Here luister darem vir mens selfs al is jy in ‘n klein stadjie, met ‘n see, gedurende ‘n klein kerkie se algemene sinode.
- Calvyn du Toit
- Calvyn du Toit
Subscribe to:
Posts (Atom)