Daar is 'n storie wat Martin Seligman vertel wat my telkens help om te dink oor hoe goed in die kerk gaan. Dis 'n kort stukkie dialoog tussen Seligman en 'n joernalis in die tyd wat hy voorsitter was van die American Psychological Association, en moet in Engels oorvertel word. Die joernalis is op soek na 'n kort clip vir 'n nuusberig.
Joernalis: Professor Seligman, in only one word, what is the state of psychology in America today?
Seligman: Good.
Joernalis: Mmm, that won't do. Let's try this again. Professor Seligman, in only two words, what is the state of psychology in America today?
Seligman: Not good.
Joernalis: Mmm, that won't do. Let's try this again. Professor Seligman, in only three words, what is the state of psychology in America today?
Seligman: Not good enough.
In die kerk antwoord ons op verskillende tye seker maar op al hierdie verskillende maniere. Dit hang af hoeveel tyd jy het om te antwoord, vir wie jy skryf, en watse belewenisse jy in die kerk gehad het.
Ek ken baie mense wat dink dit gaan goed in die NG Kerk, en dat die manier waarop 'n vergadering soos die Algemene Sinode (en dalk is "soos" onvanpas hier, want dit is seker 'n redelike unieke vergadering in die kerk) gehou word goed is. Hulle onthou dae van pakke en dasse, dae waarin jong predikante nie mag gepraat het op sinodes nie, en definitief nie na 'n Algemene Sinode afgevaardig sou word nie. Hulle vertel die stories van hoe die kerk tog in die land betrokke is by verskeie goeie projekte, hoe daar besluite geneem word wat 'n paar jaar terug as onmoontlik beskou word. Dit gaan goed in die NG Kerk. Dit gaan goed by Algemene Sinodes.
Ek ken baie mense wat eenvoudig weet dat dit nie goed gaan met die NG Kerk nie, en ook nie met die Algemene Sinode nie. Hulle kan horror stories vertel van kerkrade wat bloot weier om vroue op hulle kansels toe te laat, van dominees wat so behep raak met mag dat daar geen teken van wat meeste van ons sou dink kenmerke van 'n pastor behoort te wees oorbly nie. Hulle weet van talle besluite wat die kerk verkeerd verwoord, of bloot net oor blatant verkeerd is.
Meeste van die tyd voel ek not good enough. Ons kan beter. En vul maar in wat die dinge is waarop kan beter kan doen. Maar ek kies not good enough omdat ek nogals potensiaal raaksien, en omdat ek oortuig is dinge beweeg in 'n goeie rigting.
Ek moes dalk eers 'n lang blogpost geskryf het oor hoe ek die Algemene Sinode sien sodat hierdie kan sinmaak. Maar kort opmerkings moet nou maar die ding doen.
Ek dink nie enige besluite van die Algemene Sinode gaan die land omkeer nie. Ek is nie eens seker dit is waarvoor Algemene Sinodes daar is nie. Die sinode gaan praat (baie praat, en eintlik dink ek nog te min praat). Die sinode gaan goed verwys vir verdere studie (ons kan gerus meer studeer in die kerk). Die sinode gaan 'n general feel gee vir waar ons is, en dalk vir wat dit volgende stappie is wat ons gaan gee. Natuurlik gaan besluite ignoreer word deur party, en die vreemde van hierdie ding wat ons kerk noem is dat ons so half verwag dat party moet teruggaan en die sinode moet gaan ignoreer, sodat ons by 'n volgende geleentheid 'n paar stappies kon skuif in die general feel vir waar ons is.
That's it. As ons verwag dat die sinode se besluite die kerk oornag gaan verander gaan ons teleurgestel wees. As ons verwag dat die sinode goed gaan besluit wat nog nie in die hart van die kerk leef nie gaan ons teleurgestel wees. As die sinode vir ons 'n prentjie gaan gee van waar ons is en wat die volgende stappie is wat ons moontlik moet neem gaan baie van ons waarskynlik sê not good enough, maar dalk sal ons byvoeg, but we're getting there.
Dis tog deels hoekom ek nog hier skryf, omdat ek glo dat we're getting there. Te stadig. Nie met groot wonderwerke nie. Maar tog. As geregtigheid is waarvoor ek soek, dan het die kerk ongelukkig nie die bus verpas nie, want die bus van die stryd vir geregtigheid is ongelukkig nie so vinnig in hierdie wêreld nie. Maar die vraag of die kerk hierdie bus meer effektief help loop bly vir my op die weegskaal. Ons doen nog nie goed genoeg nie. Dalk doen ons volgende week 'n bietjie beter.
No comments:
Post a Comment