'n Virtuele gespreksruimte deur NG Kerk-lidmate oor komende Wes- en Suid-Kaap Sinode (4 tot 8 Mei by Goudini, Rawsonville), waar ons saam nadink oor wat dit beteken om kerk in konteks te wees. Meer inligting by http://www.kaapkerk.co.za/wp/index.php/sinode-2015/. Neem ook deel aan die gesprek op Twitter by #kerkinkonteks.
Saturday, 5 October 2013
Wat bely ons werklik?
Wanneer ons op ‘n Sondag eenstemmig bely ‘Ek glo in ‘n algemene Christelike Kerk, die gemeenskap van die heiliges’ waarop word ons oortuigings basseer? Die geloofsbeleidenis speel ‘n sentrale rol in die identiteitsvorming van die Christelike gemeenskap. In die eerste instansie word geloof bevestig deur kern momente in die geloofsgeskiedenis te bevestig. In die die tweede instansie word ‘n universiële identiteit geskep waarin Christene hulself kan situeer. Wat gebeur egter wanneer die identiteit wat bevestig word verwrong word deur onbevoegde normatiewe raamwerke? Serene Jones, ‘n professor by Union Theological Seminary, dink na oor hoe eienskappe toe ge-eien word aan individue. Sy meen dat individue word of deur middel van eienskappe wat as essentieel beskou word gekarakteriseer of deur middel van hul rol in die samelewing. Indien hierdie twee perspektiewe in gesprek gebring word met die kwessie rondom homoseksualiteit word die belydenis streng uitgedaag. Aan die een kant beteken dit dat die gemeenskap van die heiliges uitsluitlik deur ‘n heteronormatiewe raamwerk funksioneer en aan die ander kant dat die Christelike identiteit geskoei is op die demografie van die kerk. Altwee hierdie perspektiewe bekommer Serene Jones want identiteit gebasseer op ‘n suiwer normatiewe raamwerk kan eksklusief wees terwyl ‘n identiteit gebasseer op sosialisering kan lei tot ‘n te kort aan konkrete raamwerke. Serene Jones offer ‘n middeweg, ‘n identiteit geskep deur omvattende normatiewe raamwerke sowel as sosialisering. Die geloofsbelydenis wat elke Sondag bely word het die potentiaal om altwee hierdie rolle te vervul. Dit verg egter dat die Christelike gemeenskap erkenning sou moes gee aan ‘n normatiewe raamwerk gebasseer op ‘n identiteit gefundeer in Christus. Verlosser, opgestane en aan die regterhand van God. Aan die ander kant sou die geloofsgemeenskap uit hul sosialiserings norme moes beweeg om ‘n gemeenskap te skep wat gekarakteriseer word deur die demografie van die lidmate. In die lig van die homoseksualiteits kwessie so wel as die perspektiewe van Serene Jones is wat die kerk bely verwronge. ‘n Christelike identiteit gebasseer op ‘n heteronormatiewe raamwerk funksioneer as ‘n uitsluitlike identiteit. Hierby vorm die sosialisering van die gemeenskap van die gelowiges as ‘n onrealistiese ideal wat onligetieme kriteria gebruik om te besluit ‘wat mag in’ en ‘wat mag nie in nie.’ Die Christelike gemeenskap word dus met ‘n uitdaging gekonfronteer, is ons Christelike idenititeit geldig indien dit gebasseer is op onlegitieme raamwerke of moet individue met ‘n alternatiewe seksuele orientasie (in die amp of kerkstoel) gesien word as integraal, selfs onlosmaakbaar, van die ware Christelike gemeenskap van heiliges?
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment