My ouma het gesê dat jy met 'n glimlag kan gaan slaap as jou kinders onder een kombers toegemaak kan word.
Die verslae en aanvullende verslae wat tydens die sitting van die eerste "verkleinde" Algemene Sinode gaan dien en die kommentaar wat alreeds daarop gelewer is, het my baie aan my ouma - wat nou alreeds 25 jaar oorlede is - se sê-ding laat dink.
Johan Ernst (Dr) se kommentaar op Artikel 1 van die Kerkorde (Belhar 3) gee my hoop. Dis duidelik dat hy 'n greep op die problematiek rondom die kwessie het en benader dit op 'n manier waarop daar met hom saamgestem en saamgestap kan word.
Hopelik is dit werklik so dat ons naas ons herkoms uit en verbondenheid aan Europese bodem óók 'n ware inheemse kerk van Suidelike Afrika wil wees (p37). Dis - naas die inherente waarde daarvan - in hierdie lig dat die integrering van die Belydenis van Belhar in ons kerklike en gemeentelike lewe binne elke plaaslike gemeenskap aktueel is.
Die besluite rondom Artikel 1, Belhar, en talle ander word hopelik so geneem dat ons na afloop van die vergadering steeds onder een kombers toegemaak kan word. Veral die aanvaarding van mekaar se bona fides is hiervoor belangrik. Nie al die kerke in die gereformeerde tradisie het dieselfde belydenisse nie. Geloof - as die, sê maar sosiale gom, wat wat een persoon aan 'n ander verbind, die sosiale, eksterne gemanifesteerde, emosionele gedrag van lojaliteit, verbondenheid ("commitment") en solidariteit - is en bly dinamies. Ons kerklike eenheid moet inderdaad - soos wat Johan skryf - bokant konfessionele verdeeldheid uitstyg (p39).
Diversiteit en vryheid van gewete (p39) is alreeds vanaf op die laatste Paulus se tyd saam met verdraagsaamheid belangrike motiewe by God se kinders. Hopelik word onthou dat belydenisskrifte mensewerk "en daarom ook onderworpe aan die feilbaarheid van die mens" (p39) is en word persoonlike agendas nie gebruik om "ouma se kinders" onder die kombers uit te trek nie.
Dit bring ons onafwendbaar by die kinders wat baie graag onder Ouma se kombers wil slaap, maar deur van die kinders verhinder word. Kan daar regtig nóg gewag word om inklusiewe besluite oor "die gays" te neem? In ons navorsing en gesprekke hieroor is daar myns insiens geen inligting wat ons tot 'n ander "Aha!-belewing" as waar ons tans is gaan bring nie. Die Algemene kán en behoort met hierdie rondte eenmaal iets dappers te doen. Hoeveel kinders moet nog verkluim omdat ons hulle nie onder die kombers wat ons toevou wil hê nie?
'n Virtuele gespreksruimte deur NG Kerk-lidmate oor komende Wes- en Suid-Kaap Sinode (4 tot 8 Mei by Goudini, Rawsonville), waar ons saam nadink oor wat dit beteken om kerk in konteks te wees. Meer inligting by http://www.kaapkerk.co.za/wp/index.php/sinode-2015/. Neem ook deel aan die gesprek op Twitter by #kerkinkonteks.
Saturday, 5 October 2013
Almal onder een kombers
Ek glo dat God -ook- my Vader is. En daarom is die kerk my moeder. Daarom is wat in en met die kerk gebeur vir my belangrik. Die kerk gaan ons almal oorleef. Daarom is die kerk wat ons aan ons nagesllag(te) nalaat vir ons almal belangrik. Hoe ons nou dink en doen is dit waarmee hulle wat na ons op die toneel verskyn mee moet deal. Ek maak dit eerder vir hulle makliker as moeiliker
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment